WhatsApp Image 2022-05-16 at 12.02.24 PM.jpeg
WhatsApp Image 2022-02-08 at 1.00.23 PM.jpeg

Die Seestervroue gaan hierdie jaar saam met Seastar Lifestyle betrokke raak by skole in ons omgewing deur vir die skole te voorsien van sanitêre noodsakkies. Hierdie sakkies soos julle op die foto kan sien bestaan uit 'n pakkie sanitêre doekies, sanitêre wipes, 'n broekie en 'n sakkie. Ons kan die sakkies onderskeidelik opmaak vir R30 en R45, volgens ouderdomme. Dit word in bruinpapiersakkies geplaas met 'n plakker op met ons kerk se besonderhede, en as 'n maatskappy ons borg vir sakkies, kan ons die maatskappy se besonderhede ook op die plakker druk.
Van die dogters menstrueer al so vroeg soos op die ouderdom van 9. Hulle is ook glad nie opgevoed oor die goed nie, en is onvoorbereid by die skool. So 'n noodsakkie sal dan aan die kind gegee word, sodat sy net haarself kan help by die skool, tot sy kan huis toe gaan.

As enige iemand ons kan bystaan met geldelike bydraes of skenkings van die sakkie inhoud, sal ons dit baie waardeer. 
Die bankbesonderhede vir Seastar Lifestyle is :
FNB 
Rekeningnommer : 62832957940 
Gold Business account

Vir enige navrae kan Riana Pinard gekontak word op 072 228 0851 of Mariska Cilliers op 082 929 8882. 

Hierdie is 'n groot nood in ons gemeenskap en vir die skole het dit geweldig baie beteken dat ons dit wil doen. So julle hulp sal baie waardeer word!

Die Gemeente se spens word gebruik om gesinne met kruideniersware te help. Dit kan nie-bederfbare produkte wees, toiletware en skoonmaakmiddels. Die items kan elke Sondag by die kerk afgelaai word om versprei te word.